News

Dominee se aangrypende gedig met afskeidspreek gelees

“My byna 10 jaar in Vredefort was ‘n wonderlike reis."

Vredefort NG gemeente het Sondag sy leraarspaar, ds. Johan en Ericha Lötter, gegroet.
Ds. Johan het beroep na die NG Suidkus-gemeente in Amanzimtoti aanvaar waar hy op 6 November sy intreepreek lewer.

“My byna 10 jaar in Vredefort was ‘n wonderlike reis. Wat uitgestaan het was die kreatiwiteit en hardwerkendheid van vele mense, en die genade van die Here,” het ds. Johan in sy afskeidsboodskap Sondag gesê.
“Oorloë word nie met getalle geveg nie,” het hy gesê toe hy verwys het na hoeveel die gemeente die afgelope tien jaar kon doen ten spyte van ‘n klein lidmaattal. Hy het uit die verhaal van Jona wie se naam ‘duif’ beteken, die vergelyking getref met ‘n wedvlugduif wie se ‘kompas’ ingestel is om koers te hou. Jona daarenteen het sy kompas gedraai en gevlug. Ds. Johan het sy boodskap afgesluit met die wens dat Vredefort soos die duif op koers sal bly met die kompas gedraai na Christus.
”Ek gaan weg met ‘n storie van hoop. My dank teenoor die gemeente en die gemeenskap strek verder as Vredefort. Ek het baie vriende gemaak, ook in buurdorpe. Dankie vir soveel mense wat nog glo en wat hulle verbind aan ‘n kerk. En aan die kerkraad wat my die visie en geleentheid gegee het om van eredienste ‘n belewenis te kon maak,” het ds. Johan gesê.
Ds. Johan was naas leraar ook ‘n bekende in voëlkykkringe. Sy passie vir voëls en fotografie was aansteeklik en het menige leraar in die omgewing geïnspireer om self die stokperdjies te begin.
Hy was ook saam met die Dinamika-gemeente van Vredefort vroeër vanjaar betrokke by ‘n gemeenskapsprojek waarmee veral die jeug en ook volwassenes uit die twee gemeentes saam met die gemeenskap ‘n skoonmaakprojek in Vredefort met groot sukses aangepak het.
Met Sondag se afskeidspreek is groeteboodskappe gegee van die Ring van die Vaalrivier, en die Ring van Taaibosspruit, en het ds. Johan ook ‘n besondere gedig wat hy geskryf het oor Vredefort, voorgelees (sien hiernaas)

Die kerkraad sal nou begin met die proses om beroepe uit te bring vir ‘n leraar vir die gemeente.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button