News

Jou naalde kan ’n verskil maak vir dié klein mensies

Wil jy nie help brei of hekel vir hulle nie?

Premature geboorte is die grootste oorsaak van sterftes wêreldwyd by kinders onder die ouderdom van vyf.
Elke jaar word 15 miljoen babas wêreldwyd prematuur gebore. Meer as een miljoen van hierdie babas sterf, en baie meer staar ernstige, lewenslange gesondheidsuitdagings in die gesig. Premature geboorte is werklik ‘n probleem wat met elkeen van ons kan gebeur, ongeag die land waarin ons woon, ons kultuur of sosio-ekonomiese status.
Wêreldwyd word een uit elke tien babas te vroeg gebore.
In Suid-Afrika is neonatale fasiliteite by hospitale oorvol.

Wil jy nie help om ‘n verskil te maak vir hierdie klein mensies ter viering van Wêreld Premature Dag op 17 November?
In samewerking met Butterfly Crafters word daar gepoog om te help om hierdie kleine mensies in pers te klee op die dag met gebreide of gehekelde mussies, babakousies en ‘n ‘vessies’
Die sperdatum is 31 Oktober en jy kan die patroon gratis by Anna Patat in Parys kry sodat jou brei of hekelnaalde ook op die manier ‘n verskil kan maak.
Stuur ’n WhatsApp na Anneke by 079 386 2831 vir meer inligting of ‘n patroon van dit wat gemaak moet word.

Related Articles

Back to top button