News

Jou naalde kan ’n verskil maak vir dié klein mensies

Wil jy nie help brei of hekel vir hulle nie?

Premature geboorte is die grootste oorsaak van sterftes wêreldwyd by kinders onder die ouderdom van vyf.
Elke jaar word 15 miljoen babas wêreldwyd prematuur gebore. Meer as een miljoen van hierdie babas sterf, en baie meer staar ernstige, lewenslange gesondheidsuitdagings in die gesig. Premature geboorte is werklik ‘n probleem wat met elkeen van ons kan gebeur, ongeag die land waarin ons woon, ons kultuur of sosio-ekonomiese status.
Wêreldwyd word een uit elke tien babas te vroeg gebore.
In Suid-Afrika is neonatale fasiliteite by hospitale oorvol.

Wil jy nie help om ‘n verskil te maak vir hierdie klein mensies ter viering van Wêreld Premature Dag op 17 November?
In samewerking met Butterfly Crafters word daar gepoog om te help om hierdie kleine mensies in pers te klee op die dag met gebreide of gehekelde mussies, babakousies en ‘n ‘vessies’
Die sperdatum is 31 Oktober en jy kan die patroon gratis by Anna Patat in Parys kry sodat jou brei of hekelnaalde ook op die manier ‘n verskil kan maak.
Stuur ’n WhatsApp na Anneke by 079 386 2831 vir meer inligting of ‘n patroon van dit wat gemaak moet word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button