News

Gereed vir môre se kragmeting

600 ruiters by vanjaar se SA Western Mounted Games

Dit is die ene bedrywigheid  en ‘n ongelooflike lekker atmosfeer by die AfriDome in Parys waar gereed gemaak word vir die SA National Western Mounted Games wat môre, Sondag 2 Oktober begin en duur tot Woensdag 5 Oktober.

Altesaam 600 perde en ruiters van al die land se provinsies asook ‘n span van Zimbabwe neem deel. Die kampioenskappe is oop vir die publiek om te kom kyk en begin die kragmetings 08:00 daagliks en eindig om 17:00.

Deelnemers moet aan al die 10 verskillende items deelneem tydens die kampioenskappe. Van die items sluit in Barel Racing, Speed Ball, Pole Bending, Keyhole en Figure 8 Flags, en verg besondere vernuf van perd en ruiter wat teen tyd die uitdagings op die baan moet voltooi.

Daar word meegeding in ‘n kinder, junior, senior en veteraan kategorie met die jongste ruiters wat tussen 6 en 7 jaar oud is, en die oudste deelnemer is 75 jaar oud.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button