NewsNews

Oud Vredefort-hoofseun maak naam in Afrikaanse rolprentwese

Stefan Enslin, wat in 1997 die balkie gedra het as hoofseun van die Chris van Niekerk skool in Vredefort, is die skrywer/vervaardiger van onder meer die splinternuwe Afrikaanse rolprent, “Verskietende Ster”.

Stefan Enslin, wat in 1997 die balkie gedra het as hoofseun van die Chris van Niekerk skool in Vredefort, is die skrywer/vervaardiger van onder meer die splinternuwe Afrikaanse rolprent, “Verskietende Ster”.
Die skoolhoof, Erna Rademan, was destyds Stefan se “koor- en musiekjuffrou” en sy onthou hom as ’n  sensitiewe, kunssinnige en onopgesmukte seun, wat by sowel die kinders as die onderwysers uiters gewild was.
“Stefan se voete staan vas op die grond en hy weet waar hy vandaan kom,” gesels Erna.
Stefan het in 1997 by  Hoërskool Chris van Niekerk gematrikuleer. In 2003 gradueer hy aan die Noordwes Universiteit as Stad-en-Streeksbeplanner. In 2011 slaag hy sy draaiboekskryfkursus met lof en ontvang in dieselfde jaar ’n aanstelling as draaiboekskrywer by Global Creative Studios, die skeppers van Faith like Potatoes. Hy is die stigter van Faith in Motion Productions, ’n rolprentproduksiemaatskappy wat op stories met ’n inspirerende boodskap fokus wat vir die hele gesin geskik is.
In 2012 het hy as konsultant-vervaardiger en draaiboekredigeerder vir die lokettreffer, “Klein Karoo” opgetree, en was hy ook die medeskrywer en -vervaardiger van die suksesvolle rolprent, “Strikdas”. Sy draaiboek vir “Verskietende Ster” is gebaseer op die gelyknamige roman.
Nog ’n  hoogtepunt vir Stefan is sy nuutste draaiboek vir die rolprent “Trailer Made”, wat gekies is om ŵêreldwyd uitgereik te word. Dit is tans die nommer 1 familieprent op die Australiaanse iTunes.
Kritici het ook baie positief gereageer op “Verskietende ster”. Die fliek draai tans by teaters in Potchefstroom (Mooirivier Mall) en Vereeniging (Riversquare).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button