News

AfriForum verslae oor Hof uitspraak oor dorp se waterkwessie

Daar is vandag, Vrydag 30 September, in die Vrystaatse Hoë Hof beslis dat die aansoek wat deur die burgerregte organisasie, AfriForum, na die hof gebring is oor Parys se drinkwater, nie dringend is nie. AfriForum het die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit voor die hof gedaag met ‘n dringende aansoek om onmiddellike verligting van die voortslepende toestand …

Daar is vandag, Vrydag 30 September, in die Vrystaatse Hoë Hof beslis dat die aansoek wat deur die burgerregte organisasie, AfriForum, na die hof gebring is oor Parys se drinkwater, nie dringend is nie.

AfriForum het die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit voor die hof gedaag met ‘n dringende aansoek om onmiddellike verligting van die voortslepende toestand van die dorp se drinkwater.

In ‘n verklaring wat vanmiddag uitgereik is, sê AfriForum hy  staan verstom oor die uitspraak, “want daar is genoegsame bewys gelewer dat die water nie aan die standaard vir drinkwater voldoen nie. Die munisipaliteit wat reeds vanaf Augustus bewus is van die feit dat die water nie skoon is nie, word nou kwytgeskeld
op grond daarvan dat dit nie dringend is nie. Op die gewone hofrol beteken dit dat
mense nog vir ten minste drie maande maar moet vuil water drink,” sê AfriForum.

“Dit ten spyte van die feit dat ‘n waterspesialis wat teenwoordig was toe die watermonsters deur ‘n onafhanklike
laboratorium geneem is, in haar verslag gemeld het dat die water gevaarlik is vir menslike
gebruik aangesien daar E.Coli,  in die water is”, sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Pretorius sê dit voel asof die regbank die gewone inwoner in die land wat grondwetlike regte het, nie meer van belang ag nie. AfriForum meen dat hierdie
uitspraak nie net die Grondwet verontagsaam nie, maar ook beklemtoon dat gemeenskappe
toenemend deur die regbank versaak word,” het sy gesê.

AfriForum het hom na die hof gewend ná ’die uitslae van ‘n reeks van drie afsonderlike laboratoriumtoetse op die dorp se drinkwater gedoen is  waarvan die eerste deur die drukgroep, Save Ngwathe, en twee opvolgtoetse daarna deur AfriForum. Die toetse is verteenwoordigend geneem in Tumahole en in die middedorp en

Die burgerregte organisasie sê hy het ná die eerste toetse die munisipaliteit 24 uur gegee om in te gryp in die toestand van die drinkwater, wat nie gebeur het nie.

“Die uitslag van die toetse is deur die munisipaliteit ontken. AfriForum het die uitslag van Ngwathe se uitslae gevra maar het die organisasie nog geen uitslag van Ngwathe gekry nie,” sê die burgerregte organisasie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button