Sport

Gewilde Avbob-rolbaldag weer ’n groot sukses

Die gewilde Avbob-rolbaldag is die afgelope naweek met groot sukses by die Parys-rolbalklub gehou. Spanne van oral neem aan die gesogte dag deel en 28 spanne (92 spelers) het die naweek gespeel, met nog spanne wat ongelukkig weggewys moes word omdat die bane reeds vol was. Die spanne het in twee seksies, drie wedstryde elk, …

Die gewilde Avbob-rolbaldag is die afgelope naweek met groot sukses by die Parys-rolbalklub gehou.
Spanne van oral neem aan die gesogte dag deel en 28 spanne (92 spelers) het die naweek gespeel, met nog spanne wat ongelukkig weggewys moes word omdat die bane reeds vol was.
Die spanne het in twee seksies, drie wedstryde elk, gespeel. Die kompetisie was van ‘n hoë standaard, selfs ten spyte van die son wat Saterdagmiddag behoorlik die sweet laat aftap het.

Die uiteindelike wenners was Roosevelt Park van Randburg. Die bestuur van Parys-rolbalklub sê dankie aan die borg vir ‘n uitstaande dag en borgskap wat ‘n pluimpie verdien, die talentvolle Anza wat die rolbalspelers vermaak het met haar mooi musiek, spelers wat deelgeneem het en klublede wat hard gewerk het om van die dag ‘n sukses te maak.
Die wenspanne was: Seksie 1 – Mike Doyle (Roosevelt), Alan Tobias (Rhodespark) en Catrien (Koppies). Seksie 2 – Le Roux Redelinghuys (Randburg), Piet Lombaard (Parys) en Andre Schoeman (Wonderboom). Die algehele wenners was Mike Dole se span van Roosevelt.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button