Sit op jou hoed en kom kuier saam by die Hartshuis
Almal van ons ken iemand met ‘n geestessiekte. Dit is nie altyd net ‘n ‘fancy’ onuitspreekbare diagnose nie. Dink maar aan angs, alkoholisme, depressie, dwelmverslawing en middelafhanklikheid, selfs onbeheerste woede. Die 10de Oktober is Wêreldgeestesgesondheiddag. Die Vredefort Hartshuis nooi mense hartlik uit om op die dag by die Hartshuis te kom kuier. “Sit jou ‘mal’-hoed …


Almal van ons ken iemand met ‘n geestessiekte. Dit is nie altyd net ‘n ‘fancy’ onuitspreekbare diagnose nie. Dink maar aan angs, alkoholisme, depressie, dwelmverslawing en middelafhanklikheid, selfs onbeheerste woede.
Die 10de Oktober is Wêreldgeestesgesondheiddag. Die Vredefort Hartshuis nooi mense hartlik uit om op die dag by die Hartshuis te kom kuier. “Sit jou ‘mal’-hoed op want daar word foto’s geneem van die gaste wat kom kuier saam met van die Hartshuis se inwoners. Die pretfoto’s word dan gedurende die maand vir bewusmaking gebruik.
Gaan loer gerus ook op die Hartshuis se webwerf vir vorige jare se Crazy-hat-temas – dit is elke jaar ‘n hoogtepunt. Vanjaar sal daar vir die borge en ‘fotogeniale’ ‘n e-boek kopie van die bundel Koekoes gegee word. Gaan kyk gerus ook op die webblad www.crazyhatlife.info vir meer inligting.
Nog iets waarna uitgesien kan word, is die Staccatos wat op 15 Oktober by die Vredefort Hotel optree. Kom luister na musieklegende Brian Le Gassick en Steve Ashley van die baie gewilde groep van die sewentigerjare
Jy kan ’n tafel vir 4 teen R600 bespreek, of ’n tafel vir 8 teen R1 200. Daar sal kos en drinkgoed te koop wees.
Om kaartjies te kry of vir navrae skakel of WhatsApp na 0817602772





