NewsNews

Genot van spansport by Pikkewynedag gesien

Die Primêre skool Parys se Pikkewynedag wat die afgelope Saterdag in Parys gehou is, het weer opnuut gewys wat die waarde van spansport is veral waar kinders van jongs af die genot van spel soos rugby en netbal geleer word. Saterdag was die fokus belis nie net op wen nie, maar was dit opmerklik om te sien met hoeveel deernis en toewyding afrigters maar ook die skeidsregters die Gr R, Gr 1 en Gr 2 spelers gehelp het om die reëls van die spel reg toe te pas tydens wedstryde, maar ook dat wen nie alles is nie.

Langs die veld het toegewyde ouers die jongspan met geesdrif aangemoedig en was die dag verseker ‘n familiedag. Nege skole se netbalspanne en 10 skole se rugbyspanne het op Parys kom meeding, terwyl verskeie uitstallers en kosstalletjies kleur en geur aan die dag gegee het. Die Pikkewynedag is ‘n jaarlikse instelling in Parys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button