NewsNews

Genot van spansport by Pikkewynedag gesien

Die Primêre skool Parys se Pikkewynedag wat die afgelope Saterdag in Parys gehou is, het weer opnuut gewys wat die waarde van spansport is veral waar kinders van jongs af die genot van spel soos rugby en netbal geleer word. Saterdag was die fokus belis nie net op wen nie, maar was dit opmerklik om te sien met hoeveel deernis en toewyding afrigters maar ook die skeidsregters die Gr R, Gr 1 en Gr 2 spelers gehelp het om die reëls van die spel reg toe te pas tydens wedstryde, maar ook dat wen nie alles is nie.

Langs die veld het toegewyde ouers die jongspan met geesdrif aangemoedig en was die dag verseker ‘n familiedag. Nege skole se netbalspanne en 10 skole se rugbyspanne het op Parys kom meeding, terwyl verskeie uitstallers en kosstalletjies kleur en geur aan die dag gegee het. Die Pikkewynedag is ‘n jaarlikse instelling in Parys.

Related Articles

Back to top button