

Vyf vermeende veediewe het vanoggend, Donderdag 29 September hul rieme styf vasgeloop danksy die vinnige optrede van die Maokeng Misdaadvoorkomingseenheid en lede van die Openbare Orde Polisie Taakspan, wat hulle op heterdaad betrap het waar hul besig was om gesteelde vee op ‘n sleepwa te laai.
By nadere ondersoek is vasgestel dat die vee op ‘n plaas langs die R76, tussen Kroonstad en Viljoenskroon gesteel is.



Die polisie het die vee ter waarde van na raming R37 500 teruggekry.
Die vyf verdagtes is tussen die ouderdom van 28 en 47 het sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder vir die Feile Dabi-distrik gesê. Sy sê hulle verskyn môre, Vrydag 30 Sepember, voor die hof.





