News

Vermiste vrou weer veilig terug by familie

Haar familie het op sosiale media bevestig dat Claassen, haar foon afgesit het vir persoonlike redes.  Twanette Claassen is weer veilig terug by die huis. ‘n Vrou van Thabazimbi wat sedert verlede Vrydag, 16 September as vermis by die SAPD aangemeld is, is weer veilig terug by die huis. Sy het gister (Woensdag, 21 September) …

Haar familie het op sosiale media bevestig dat Claassen, haar foon afgesit het vir persoonlike redes.

‘n Vrou van Thabazimbi wat sedert verlede Vrydag, 16 September as vermis by die SAPD aangemeld is, is weer veilig terug by die huis.

Sy het gister (Woensdag, 21 September) teruggekeer.

Twanette Claassen het glo by haar suster in Potchefstroom gekuier, maar het toe nie weer huis toe gekeer soos verwag nie.

Haar familie het op sosiale media bevestig dat Claassen, haar foon afgesit het vir persoonlike redes. Hulle bedank almal se hulp, bystand, liefde, omgee en ondersteuning tydens Twanette se verdwyning.

 

 

Related Articles

Back to top button