News

Ongelukskade groot: Hier moet dringend na stoptekens, padmerke gekyk word

Dit skep 'n ernstige gevaar

‘n Motorongeluk vanoggend by die kruising van Schilbach- en Van der Hovenstraat het weer die aandag gevestig op die ernstige gevaar wat die gebrek aan stoptekens, en skaars sigbare padmerke vir motoriste in die dorp inhou.

Die ongeluk was knap na die oggend se spitsverkeer wanneer talle ouers juis hierdie pad ry om skoolkinders af te laai.

Aan beide kante in Van der Hovenstraat is daar nie ‘n stopteken meer nie en padmerke  erg verbleik.

Geen stoptekens en verbleikte padmerke by die kruising van Schilbach- en Van der Hovenstraat.
Net ‘die gat en sement s nog sigbaar waar een van die twee stoptekens by die kruising moes wees.

Die Mazda bakkie wat in die ongeluk was is deur ‘n steen omheiningsmuur by die kruising, terwyl die Kia voertuig in die leivoor tot stilstand gekom het.

Nie een van die insittendes is ernstig beseer nie, maar het Gazette al male sonder tal gewaarsku oor die gevaar met stoptekens en padmerke wat nie deur die Ngwathe munisipaliteit instand gehou word nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button