SportSport

Luiperds deur na kwartfinaal teen WP

Die Luiperd XV het Saterdag in Windhoek reeds voor rustyd seker gemaak van ‘n bonuspunt en moes toe net wen om die Valke uit die kwartfinaal van die Vodacomreeks te hou.

Die Luiperd XV het Saterdag in Windhoek reeds voor rustyd seker gemaak van ‘n bonuspunt en moes toe net wen om die Valke uit die kwartfinaal van die Vodacomreeks te hou.

Die Luiperds klop die Welwitchias van Namibië met 33-25, eindig in die vierde plek in die Noordelike afdeling en speel Saterdag 15:30 op die City Park Stadion in Kaapstad teen die WP, wenners van die Suidelike afdeling.

Verskeie van die Pukke se Varsitybeker spelers is ingesluit in die Luiperds se span: Al drie die NWU-Smit(h)e keer terug: Dillon neem die nr. 9 trui oor, Rhyno neem die laaste vesting in en Joe sak in die voorry saam met John Roy Jenkinson. Loftus Morrison sak saam met Dutchie Roberste op slot. Dane van der Westhuizen behou sy plek op haker en so ook die kaptein Juan Language op agsteman. Die kantmanne is HP Swart en Marno Redelinghuys.

Dit wil voorkom asof Meel Engelbrecht geteiken word om die Luiperds se Curriebeker-aanslag se losskakel te wees. Hy skuif na nr. 10 toe met Johan Deysel en Jaco Hayward wat die senterpaar vorm. Die vleuels is Adi Jacobs en Sergio Torrens. Afrigter Johan Laker sien kans vir wat voorlê teen die wenners van die Suidelike afdeling, die Westelike Provinsie. Hy ken die omstandighede nadat hy ‘n paar seisoene in die Kaap was. Sy broer is die verdedigingsafrigter van die WP se span en ”ek weet hoe my broer dink” sê hy.

Speel die span volgens potensiaal, kan hulle beslis die WP klop.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button