News

Egpaar kry borg ná Valke arrestasie

Die Valke het vanoggend (Woensdag, 21 September) die Potchefstroomse sakeman, Ben Otto en sy vrou, Hannetjie, in hegtenis geneem vir beweerde finansiële ongerymdhede van etllike miljoene. Die egpaar is op borgtog van R10 000 elk vrygelaat ná hul verskyning in die Potchefstroomse landdroshof  op klagte van bedrog en geldwassery. Otto word daarvan verdink dat hy …

Die Valke het vanoggend (Woensdag, 21 September) die Potchefstroomse sakeman, Ben Otto en sy vrou, Hannetjie, in hegtenis geneem vir beweerde finansiële ongerymdhede van etllike miljoene.

Die egpaar is op borgtog van R10 000 elk vrygelaat ná hul verskyning in die Potchefstroomse landdroshof  op klagte van bedrog en geldwassery.

Otto word daarvan verdink dat hy glo met sy onderneming, RSA Search, oor die 150 mense met miljoene rande ingedoen het. Daar is in Desember 2021 ‘n groepsgeding klagte teen Otto by die Valke ingedien.

Ben Otto: Foto: Netwerk24

Otto se maatskappy, RSA Search, was ‘n soekenjin vir verblyf en is in Junie 2020 gelikwideer. Hy word daarvan beskuldig dat hy ‘n piramideskema bedryf het, maar volgens hom is dit nie waar nie.

Otto het in 2020 aan die Potchefstroom Herald, Parys Gazette se susterskoerant, genoem dat sy onderneming, RSA Search, gelikwideer is weens die staat van inperking wat erge gevolge vir sy besigheid gehad het.

Valke arresteer sakeman en sy vrou

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button