Kruise vertel van ‘n dag wat Charlesville se mense nooit sal vergeet nie
Die modderslik vorm ‘n kors waar dit soos ‘n golf oor grond en aardse goed gespoel het. Plek-plek loop jy op die klei, ander plekke val jy deur die kors – vasgevang. Maar daar waar die grys verwoesting lê ná die damwal van die Jagersfontein-myn gebreek en die modderslik sy pad geloop het, vertel die …

Die modderslik vorm ‘n kors waar dit soos ‘n golf oor grond en aardse goed gespoel het. Plek-plek loop jy op die klei, ander plekke val jy deur die kors – vasgevang.


Maar daar waar die grys verwoesting lê ná die damwal van die Jagersfontein-myn gebreek en die modderslik sy pad geloop het, vertel die geverfde kruise op huise ‘n hartseer verhaal van wat in dié gemeenskap gebeur het.
Kruise op huise wat sê – hierdie huis is deurgegaan vir slagoffers.

Net een sterfte kon tot nog toe bevestig word. Twee is steeds vermis.
Vir die res van die land, ‘n datum lankal vergeet maar die mense van Jagersfontein, Charlesville en Itumeleng onthou 11 September.



