News

Chaos met wind en brande

Mense is gewaarsku om nie oop vure te maak in winderige weersomstandighede nie. Dit skep ’n baie groot brandgevaar.

Benewens die uitdagings van fase 6 beurtkrag het die  wind wat met tye teen ’n windspoed van tot 37km/h gewaai het, vanoggend behoorlik chaos in Parys gesaai.
Die konsternasie het na 11:00 begin toe ’n mini-substasie in Uniestraat gebrand het wat inwoners in dié omgewing, ná beurtkrag, weer sonder krag gelaat het.

Die mini-substasie in Uniestraat wat gebrand het. Foto: Security Master. 

Verskeie bome in die dorp het ook omgewaai en is kragdrade afgeruk, onder meer in Kortstraat agter Dome Primary School.

Foto’s: Marinda Matthysen Engelbrecht, Hoopvol

In Eerstelaan het ‘n kragopwekker aan die brand geraak in ’n motorhuis, en het daar terselfdertyd ook ’n brand ontstaan  in ‘n  motorhuis op die h/v Tweedelaan en Delverstraat. Beide brande is gou onder beheer gebring.

Foto: WeCare

H/v Tweedelaan en Delverstraat. Foto: Security Master

Die brand by ‘n huis in Eerstelaan. Foto’s: WeCare

Wees asseblief baie versigtig om geen oop vure te maak in winderige omstandighede nie. Dit skep ‘n baie groot brandgevaar.

Dankie aan Parys Medix, WeCare, die Ngwathe Branweer, Security Master, Parys Sekuriteit, CSS Sekuriteit en Nel’s Security wat vinnig hulp verleen het by die mini-substasie en persele waar dit gebrand het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button