News

Watervoorsiening gaan ‘n bittere uitdaging wees

...en nog geen lig in die donker Eskom-tonnel

Met fase 6 wat na verwagting ook in die komende week sal voortduur en die risiko vir selfs hoër fases van beurtkrag, staar Parysenaars boonop ook groot watertekorte in die gesig.

Met geen noodkragopwekker by die dorp se waterwerke nie, en kragvoorsiening wat reeds vir 8 ure per dag tans onderbreek word weens fase 6 beurtkrag, sal dit beteken dat die reeds sukkelende waterwerke  nou onder nog groter druk sal wees om opgaardamme vol te kry en water in die krane te hou. Iets wat selfs sonder beurtkrag ‘n knaende probleem was.

Eskom het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie vir die eerste keer ook gepraat oor wat gebeur na fase 8. Dit nadat dit vanoggend duidelik was dat daar nog geen lig in die tonnel is vir die kragkrisis waarin Eskom hom tans bevind nie.

Daar sal Maandag 19 September voortgegaan word met fase 6 beurtkrag, en was dit ook duidelik uit vanoggend se mediakonferensie dat daar ‘n beduidende risiko is vir selfs hoër fases van beurtkrag as fase 6 vir die week wat voorlê. Hoewel daar tans nie ‘n skedule hoër as fase 8 is nie, is reeds aangedui dat Eskom dan genoodsaak sou wees  om die kragtoevoer na streke te sny as dit by die punt kom waar fase 8 nie meer voldoende sou wees nie.

Sou fase 8 ingestel word, sal dit beteken dat verbruikers vir ten minste 12 uur per dag nie krag sal hê nie.

Die afgelope week was 45 van die 81 opwekkingseenhede onklaar. Hoewel 38 van die opwekkingseenhede weer aan die gang gekry kon word het Eskom 4 000MW in ‘n week verloor.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button