News

Dwelmverspreiders in Vaalpark vasgetrek

Goeie samewerking tussen die SAPD en die Public Eye Taakspan hou kriminele op hok in Vaalpark in Sasolburg.

Twee mans en ‘n vrou is Sondagoggend, 4 September vir die besit en verspreiding van dwelms vasgetrek.

Dit volg nadat die Public Eye Taakspan vir weke die doen en late van ‘n wit motor in die Vaalpark-omgewing dopgehou het.

Van die dwelms wat in die verdagtes se besit gevind is. Foto: verskaf

Daar is bevind dat die verdagte voertuig gereeld in die rigting van Parys gery het waar dwelms op en afgelaai is.

Public Eye het in samewerking met die polisie se honde-eenheid, misdaadintelligensie en ander polisielede saamgewerk en het om op 4 September om 07:00 op die verdagte huis in Simmerpanstraat toegeslaan.

Dwelms van sowat R20 000, asook ‘n ongeïdentifiseerde hoeveelheid kontant is in die huis gevind.

Die verdagtes is in die stadium verhoorafwagtend.

Lees die volledige berig op die webwerf van die Herald se susterkoerant Vaalweekblad hier:

Dwelmverspreiders in Vaalpark vasgetrek | Vaalweekblad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button