News

Hierdie kombers kan joune wees!!!

Jy kan Emunah en Omri help deur die lootjietrekking te ondersteun.

 

Hierdie ongelooflike mooi en kleurvolle hangemaakte kombers waaraan soveel mense met liefde gehelp brei of hekel het, kan joune wees. En dit vir net R30.
Gou maak – koop voor 24 September jou lootjiekaartjie teen net R30 by Anna Patat in Parys se hoofstraat, want nie net staan jy ‘n kans om te wen nie – jou bydrae help die Emunah Foundation in Parys.
Emunah bied ‘n tydelike huis van liefde vir weggooi babas, maar ook kinders wat net die skadukant van die lewe ken. Sommige wie se ouers hulle nie meer wil hê nie. Ander verwaarloos of mishandel. Geen kind word ooit weggewys nie. Maatskaplike werkers en die owerhede wat genoodsaak is om kinders tydelik uit hul omstandighede te verwyder, maak gebruik van fasiliteite soos Emunah waar kinders tydelik geplaas kan word terwyl die nodige prosedures gevolg word.
Een van hierdie kinders is Omri wat by Emunah geplaas is as plek van veiligheid.
Hy sal op 22 September een jaar oud wees. Omri het al voor die ouderdom van vyf maande begin sukkel om te sluk en het steeds ‘n voedingsbuis omdat hy nie in staat is om self te kan eet of drink nie. Hierbenewens het hy verskeie ander gesondheidsuitdagings en moet hy nou toetse ondergaan om vas te stel of hy die ernstige hartkondisie, Tetralogy of Fallot (TOF) het.
Die toetse sal bepaal of hy kwalifiseer vir versorging by die Butterfly Home wat kyk na babas soos Omri wat spesiale gesondheisbehandeling nodig het.
Die toetse is egter geweldig duur.
Jy kan Emunah en Omri help deur die lootjietrekking te ondersteun. Koop jou lootjiekaartjie by Anna Patat.


Die wenlootjie word op 24 September getrek, of jy kan ‘n bydrae direk maak in Emunah se rekening. Die rekeningbesonderhede is: Emunah Foundation NPC, rekeningnommer 042317983, takkode 051001.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button