Jagersfontein se mense het jou hulp nodig
Hierdie is 'n gemeenskapsprojek - en ons het jou hulp baie nodig!
Toe Parys net meer as twee maande gelede ernstige waternood gehad het, het mense letterlik van oral oor gehelp. Nou is dit ons beurt om uit te reik en ‘n gemeenskap in nood te help.

Jagersfontein se mense het jou hulp baie nodig ná ‘n ramp Sondagoggend die dorp getref het toe ‘n damwal by die Jagersfontein-myn gebreek en die slik ‘n pad van verwoesting gesaai het. Mense se huise is platgevee. Daar is mense wat alles verloor het wat hulle gehad het en geen manier het om weer iets bymekaar te maak nie.
Dit maak nie saak hoe groot of klein jou bydrae is nie, kom ons help op een van die volgende twee maniere.

Parysenaars wat ‘n fisiese bydrae wil gee soos hierbo aangedui, kan dit tot en met 23 September tussen 09:00 en 13:00 by die NG Kerk Parys-Oos afgee of by Parys Primêre skool. Mense in Koppies kan hul bydrae afgee by Agri Mekka.
As jy navrae het of later iets wil afgee as die tye hier aangedui, skakel asb
Marie la Cock (Parys) by 082 779 2025
Carina Serfontein (Koppies) by 083 635 2851.



