News

Rotary gee erkenning aan hulle wat ’n verskil maak

Sowat 60 mense het die geleentheid bygewoon, en dit was ‘n gulde geleentheid vir sakelui om mekaar beter te leer ken en te netwerk.

Rotary Parys het tydens verlede week se maandelikse Business Network byeenkoms erkenning gegee aan verskeie mense wat ‘n passie het vir Parys en sy mense, en ‘n verskil in die gemeenskap maak, elkeen op sy/haar unieke manier.
Sertifikate is aan Wynand en Dorette Nel, Fanie en Jenny Kruger en hul kinders, Braam Cilliers en Chané Grimbeek oorhandig.
Rotary gee elke maand erkenning aan mense in die gemeenskap vir onbaatsugtige diens.
Verlede week se Business Network meeting is by die Rotaryklub gehou en is ook meer vertel van Rotary se werksaamhede.
Dit was ’n informele kuieraand met heelwat nuwe besighede wat die aand verteenwoordig was.
Sowat 60 mense het die geleentheid bygewoon, en dit was ‘n gulde geleentheid vir sakelui om mekaar beter te leer ken en te netwerk.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button