News

VVA groet oom Archie

Daar was nie ‘n dag dat oom Archie nie VVA se beste belange op die hart gedra het nie.

Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) Parys groet ná 12 jaar een van sy groot staatmakers, Archie Norval, wat weens gesondheidsredes die tuig neerlê.
VVA het in hul afskeidsboodskap aan hom dankie gesê vir 12 jaar se harde werk en lojaliteit. “Hy was vir ons meer as goud werd,” het VVA gesê.
As nutsman was oom Archie verantwoordelik vir instandhoudingswerk by die VVA-kantoor, Danie Fourie en Hanlu-woonstelle, maar sy hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Of daar gery moes word om skenkings op te laai, of skenkings afgegee moes word. Oom Archie was net altyd bereid om te help waar ook al ‘n hand nodig was, en dan sommer tussendeur ‘n ogie te hou oor almal as hy sou inloer by die kantore net om ‘seker te maak almal werk’.
Daar was nie ‘n dag dat oom Archie nie VVA se beste belange op die hart gedra het nie. Sy hande, maar ook sy glimlag en gesels sal verseker deur al die VVA-personeel gemis word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button