News

AfriForum: Uitslae lyk beter, maar nog nie reg nie

AfriForum: Uitslae lyk beter, maar nog nie reg nie

Volgens Alta Pretorius, streekskoördineerder vir AfriForum in die Mooirivier-streek, lyk die uitslag van kontrole watermonsters wat Vrydag deur die burgerregte organisasie in Parys geneem is, beter as die uitslag van die watermonsters wat in Augustus deur Save Ngwathe geneem is, hoewel die tellings nog nie reg is nie.
Die watermonsters is deur die geakkrediteerde laboratorium, Envirocare in Potchefstroom, getoets.
AfriForum se kontroletoetse het gevolg nadat die organisasie op Woensdag, 7 September die Ngwathe Munisipaliteit op terme geplaas en 24 uur gegee het om drasties by die toestand van die dorp se drinkwater in te gryp. Daar is toe gesê as daar nie binne 24 uur ‘n drastiese verandering is nie, die organisasie alles in sy vermoë sal doen om toe te sien dat Parys se inwoners skoon drinkwater het.
Die organisasie het Vrydag die drie watermonsters, waarvan twee in die Tumahole-woonbuurt, en een in die dorp se sakekern, geneem op dieselfde punte waar Save Ngwathe in Augustus watermonsters geneem het wat ook deur Envirocare getoets is. Vrydag se kontrole monsters is onder toesig van ‘n laboratoriumassistent geneem, en in teenwoordigheid van ‘n persoon wat oor die nodige kwalifikasies beskik rondom waterkwaliteit.
Pretorius het Dinsdag met Gazette se ter perse gaan gesê AfriForum wag nog op die beloofde toetsuitslae wat Ngwathe aan die organisasie sou voorsien het.
Gazette het die munisipaliteit ook gevra vir ’n verklaring oor die watersituasie, maar is dit teen ons ter perse gaan nog nie ontvang nie. Munisipale woordvoerder, mnr. Steve Naale het wel aangedui dat die tegniese span Dinsdag, ná Gazette se druktyd sou vergader het, waar die watersituasie bespreek sou word. Sodra die verklaring ontvang word, sal Gazette dit publiseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button