News

Roerende verhaal: Gered uit die mynslik

Sondag is 'n dag wat Jagersfontein se mense nie sal vergeet nie

Terwyl daar nog  gesoek is na ‘n bejaarde man en vrou in Jagersfontein waar ‘n onbeskryflike tragedie hom Sondag afgespeel het toe ‘n damwal by die Jagersfontein-myn gebreek het,  het polisielede ‘n beweging gesien.

In die swaar moddermassa is hierdie klein slanghals voël gekry. Met hul drinkwater het die lede met die grootste sorg die voëltjie gewas en aan die DBV oorhandig.

Krappe, otters, visse en ander waterlewe vrek omdat daar té min suurstof in die water is. Die dorp was met die skryf van hierdie berig steeds sonder krag en selfoonkommunikasie moeilik.

Daar is ‘n totale verslaentheid oor dit wat in ‘n oogwink deur die swaar mynslik platgevee is. Mense wat alles verloor het  en niks het om oor te begin nie. ‘n Bufferwal is intussen deur die myn gemaak, maar die slikspoor wat ‘n ekologiese ramp in dié Vrystaatse dorpie agterlaat, vertel ‘n afgryslike verhaal.

Organisasies help met noodledigingswerk. Die regering het hulp en ondersoeke beloof, maar Jagersfontein se mense sal Sondag 11 September nog lank onthou.

Lt. kol. Fouche en sers. Gagiano van die SAPD se Welkom duikpunt  in die modderslik massa wat ‘n spoor van verwoesting in Jagersfontein gelaat het nadat ‘n damwal by die  Jagersfontein-myn Sondag gebreek het. Foto: Verskaf.

Intussen het Eskom  vanmiddag gesê dat hy op koers is met herstelwerk van elektriese toevoer na die dorp waarskynlik reeds teen middernag vandag, Dinsdag 13 September.

Eskom se Rietkuil-substasie was heeltemal verspoel deur die moddermassa.  ‘n Transformator is  vanmiddag gebring na Eskom se Badplaas-substasie en word tans geinstalleer sodat die hoof kragtoevoer na Centlec herstel kan word wat die elektrisiteitsverspreiding na Jagersfontein en Charlesville doen.

.

Related Articles

Back to top button