News

Roerende verhaal: Gered uit die mynslik

Sondag is 'n dag wat Jagersfontein se mense nie sal vergeet nie

Terwyl daar nog  gesoek is na ‘n bejaarde man en vrou in Jagersfontein waar ‘n onbeskryflike tragedie hom Sondag afgespeel het toe ‘n damwal by die Jagersfontein-myn gebreek het,  het polisielede ‘n beweging gesien.

In die swaar moddermassa is hierdie klein slanghals voël gekry. Met hul drinkwater het die lede met die grootste sorg die voëltjie gewas en aan die DBV oorhandig.

Krappe, otters, visse en ander waterlewe vrek omdat daar té min suurstof in die water is. Die dorp was met die skryf van hierdie berig steeds sonder krag en selfoonkommunikasie moeilik.

Daar is ‘n totale verslaentheid oor dit wat in ‘n oogwink deur die swaar mynslik platgevee is. Mense wat alles verloor het  en niks het om oor te begin nie. ‘n Bufferwal is intussen deur die myn gemaak, maar die slikspoor wat ‘n ekologiese ramp in dié Vrystaatse dorpie agterlaat, vertel ‘n afgryslike verhaal.

Organisasies help met noodledigingswerk. Die regering het hulp en ondersoeke beloof, maar Jagersfontein se mense sal Sondag 11 September nog lank onthou.

Lt. kol. Fouche en sers. Gagiano van die SAPD se Welkom duikpunt  in die modderslik massa wat ‘n spoor van verwoesting in Jagersfontein gelaat het nadat ‘n damwal by die  Jagersfontein-myn Sondag gebreek het. Foto: Verskaf.

Intussen het Eskom  vanmiddag gesê dat hy op koers is met herstelwerk van elektriese toevoer na die dorp waarskynlik reeds teen middernag vandag, Dinsdag 13 September.

Eskom se Rietkuil-substasie was heeltemal verspoel deur die moddermassa.  ‘n Transformator is  vanmiddag gebring na Eskom se Badplaas-substasie en word tans geinstalleer sodat die hoof kragtoevoer na Centlec herstel kan word wat die elektrisiteitsverspreiding na Jagersfontein en Charlesville doen.

.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button