NewsNews

ANC en opposisiepartye sê nee vir swak konsepbegroting

Geskiedenis is verlede Donderdag gemaak toe die Ngwathe Raad tydens ’n spesiale raadsvergadering die 2016/17 konsep-begroting en ander belangrike verslae wat amptenare voorberei het, eenparig as “powere pogings” verwerp en vir hersiening teruggestuur het.

Geskiedenis is verlede Donderdag gemaak toe die Ngwathe Raad tydens ’n  spesiale raadsvergadering die 2016/17 konsep-begroting en ander belangrike verslae wat amptenare voorberei het, eenparig as “powere pogings” verwerp en vir hersiening teruggestuur het.
Opposisiepartye het telkens in die verlede teen gebrekkige begrotings gestem. Donderdag het die ANC egter met die opposisie saamgestem.
VF Plus rdl. Philip van der Merwe en DA-raadslid Arnold Schoonwinkel, wat albei in die munisipaliteit se finansiële komitee dien, het die terugverwysing van veral die konsep-begroting verwelkom.
“Hierdie powere nuwe konsep-begroting het raadslede eers op die laaste oomblik bereik,” sê DA-koukusleier Arnold Schoonwinkel aan Gazette. Hy sê die uiters lae invorderingskoers van belastings en dienstegelde is byvoorbeeld geïgnoreer. “Verwagte inkomste is  gebaseer op die begrote inkomste van die vorige jaar, en nie, soos wetlik vereis, op werklik haalbare inkomste nie.” Hy sê die konsep het ook gewemel van foute en weglatings.
“Aan die uitgawekant was oormatige oortydbetalings aan amptenare ’n groot probleem,” sê rdl. Van der Merwe. Hy sê die Raad het lankal reeds uitdruklik besluit oortyd kan betaal word, slegs na spesiale goedkeuring van die munisipale bestuurder. “Dit gebeur egter nie: mens vind gereeld dat werkers sonder rede oor naweke werk doen wat ewe goed binne kantoorure gedoen kan word. Dis ’n  duur wanpraktyk wat Ngwathe meer as ‘n miljoen rand per maand kos.” Hy sê ook groot bedrae vir die afkoop van verlof deur personeel in die konsep was onnodig. Hy kla verder oor oorspanderings op items soos chemikalieë. “Dis dan ongemagtig, en lei gereeld tot ouditnavrae deur, en kritiek vanaf die ouditeur-generaal”.
Ook die Aansuiweringsbegroting (wat reeds weke laat is) asook die munisipale jaarverslag in konsepvorm, is verlede week eenparig afgekeur, en terugverwys vir herskryf en korreksie. Amptenare is reeds druk besig daarmee. Hulle word nou bygestaan deur kenners van die provinsiale tesourie in Bloemfontein. Die heropstel van die dokumente sal geskied onder die oorsig van ‘n spesiale taakspan wat burgemeester Joey Mochela aangewys het. Sy is voorsitter en die ander lede is ANC-raadslede Kau Khumalo, Victoria de Beer en Gideon Mandelstam, en raadslede Arnold Schoonwinkel (DA) en Phillip van der Merwe (VF+).

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button