News

Promosie: Koop jou huis by ’n veiling

Koop dus jou huis wanneer die hamer val…teen die werklike markprys!!

Sogenaamde “bargain hunters” gaan bloot uit gewoonte na veilings wat hier in Parys en elders gehou word waar allerlei goedere soos motors, meubels en plaasprodukte verkoop word, asook na balju veilings om produkte en goedere aan te skaf teen die laagste prys moontlik.
Huisveilings is egter in ons land minder algemeen, terwyl dit in die buiteland meer gedoen word. So is ‘n super luukse woonhuis van 9,755vkm wat vir jare in Los Angeles in die mark was, in Maart vanjaar op ‘n veiling verkoop teen $141,12 miljoen Amerikaanse dollar. Werk self die waarde in rand uit…
In Jansenville in die Karoo was daar met die skryf van hierdie berig ‘n 16,700ha plaas met ‘n 28 en-suite slaapkamer woning in die mark teen R622,688,400. Vir die Amerikaanse mark sou dit 41,266 akkers teen $36,000 Amerikaanse dollar wees.
Kopers kan tydens aanlyn huisveilings enige tyd ‘n aanbod indien by die agent wat dan die aanbod bekend sal maak aan die verkoper. Sodoende kan ‘n verkoper voor die finale veilingdag besluit om die aanbod te aanvaar, mits dit sy reserweprys haal! In so ‘n geval word die veiling onmiddellik opgeskort.
Anonimiteit is soms nodig soos in gevalle van huise met ‘n waarde van etlike miljoene rand/dollar soos hierbo genoem, en is dit ook belangrik dat voornemende kopers die eiendom self sal kan besigtig.
Die besigtigingstydperk is gewoonlik beperk tot 48 uur voor die veiling omdat daar van alle bieërs vereis word om ook binne die 48-uur afsnyperk reeds geregistreer te wees.
Bieërs kan gerus ‘n agent skakel vir meer inligting soos om te hoor of daar ‘n verkopersverklaring vir die eiendom is wat mede-onderteken kan word deur geregistreerde kopers. Ook vir hulp met byvoorbeeld veilings terme en voorwaardes wat by die agent gekry kan word.
Koop dus jou huis wanneer die hamer val…teen die werklike markprys!!

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button