News

Polisie bekommerd oor kapings op dié Vrystaatse paaie

R59 tussen Parys en Sasolburg ook genoem

Die polisie het vandeesweek weer vragmotorbestuurders en motoriste wat op paaie in die Vrystaat beweeg, gewaarsku om nie rylopers op te laai nie. Verskeie voorvalle waar mense gekaap is nadat hulle rylopers opgelaai het, is in die Vrystaat provinsie gerapporteer.

Daar is ook gewaarsku teen ‘n groep gewapende mans in private voertuie met blou ligte  wat hulle as sogenaamde verkeersbeamptes of polisiebeamptes voordoen, en dan mense van die pad af trek en kaap. Die verdagtes is swaar gewapen.

Die modus operandi van die rowers is om die vragmotorbestuur of motorbestuurder te dwing om stil te hou, en dan te blinddoek en in die verdagtes se voertuig in te dwing. Die slagoffer word dan gewoonlik vasgebind en op ‘n verlate plek afgelaai nadat hy/sy van hul persoonlike besittings beroof is, Die vrag van die gekaapte vragmotor word oorgelaai in die verdagtes se voertuig, en word die gekaapte voertuig dan langs die pad gelos.

Voorvalle van motoriste wat gekaap is, is gerapporteer op die

  • R82 tussen Sasolburg en Koppies.
  • R30 tussen Welkom en Orkney
  • R59 tussen Parys en Sasolburg
  • N1 tussen Bloemfontein en Heuningspruit

As jy ‘n verdagte voertuig sou opmerk, beweeg na die naaste veilige punt en skakel 10111 of Stop Misdaad by 08600 10111.

Onthou alle polisie hoofweg patrollie voertuie is gemerk en polisiebeamptes in die voertuie sal jou volg tot by ‘n veilige punt, as jy sou aandui dat jy onveilig voel om te stop waar jy afgetrek sou word.

 

 

Related Articles

Back to top button