News

Promosie: Verkoop jou huis per veiling

Tradisioneel is produk bemarkingsveilings aan ons bekend deur kunswerke of wynveilings wat gewoonlik ‘n gesofistikeerde atmosfeer in die mark skep. Dink hier aan “Sotheby’s of London” en die alombekende KWV Wynveilings! Plaasboere verkoop ook gereeld met lewende hawe veilings stoetbeeste, perde en duur wildsoorte. Veilings word soms negatief geassosieer met die balju in likwidasies en …

Tradisioneel is produk bemarkingsveilings aan ons bekend deur kunswerke of wynveilings wat gewoonlik ‘n gesofistikeerde atmosfeer in die mark skep.
Dink hier aan “Sotheby’s of London” en die alombekende KWV Wynveilings!
Plaasboere verkoop ook gereeld met lewende hawe veilings stoetbeeste, perde en duur wildsoorte.
Veilings word soms negatief geassosieer met die balju in likwidasies en sekwestrasie boedels, en dan verder ook deur banke wat teruggeneemde motors en huise per veiling verkoop.
Hierdie negatiewe persepsies van geforseerde veilings van eiendom het stadig en oor die afgelope paar jaar afgeneem, en word dit al meer deur die algemene publiek aanvaar om vaste eiendom per veiling te verkoop.
Die Russiese/Ukrainiese oorlog het voedsel- en brandstofpryse die hoogte laat inskiet, en gevolglik plaas dit wêreldwyd ekonomiese druk op die algemene huismark.
Gedurende hierdie kontanttekort tye bied die spoed en finaliteit gevestig in eiendomsveilings ‘n al meer aantreklike opsie vir verkopers en kopers in die eiendomsmark.
Die Covid-19 pandemie en die inperkings wat dit meegebring het, het aanlyn vaste eiendomsveilings ‘n hupstoot gegee in die opsig dat die internet gebruik is om video’s, foto’s, planne en dokumente aan voornemende huiskopers te stuur.
Aanlynveilings bied ‘n unieke proses waar (1) ‘n groep potensiële kopers op ‘n gegewe tydstip bymekaarkom om ‘n bate aan te skaf. Wanneer (2) die hamer val is die koper en verkoper se transaksie beklink en gevolglik sal daar (3) geen verdere onderhandelings plaasvind nie.
Veilings bied ook voordeel aan albei partye binne die transaksie ten opsigte van (4) sekerheid en finaliteit in die uitkoms. Die (5) verkoper en die agent is die enigste persone in die veilingsproses wat bekend is met die reserwe uithouprys.
Laastens word net vooraf gekeurde kopers geregistreer (wat vooraf deur die agent bepaal en geregistreer is) om die veiling by te woon.
Die beheerde veilingsproses bied die verkoper van vaste eiendom ‘n metode om binne vier weke ‘n finale resultaat te kry in teenstelling met die tradisionele bemarkingsproses wat maande kan duur.
Harcourts se eiendom aanlynveilingstelsel is reeds in Parys beskikbaar. Hierdie lewendige internetplatform wat ‘n besondere manier van huis koop of verkoop bied, is vanaf Australië en Nieu-Seeland ingevoer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button