News

Lentekonsert met Franse dansmusiek uit die Baroktydperk

Ongelooflike musiekbelewenis wat jy nie kan mis nie

Komende Sondagmiddag, 4 September om 16:00 is die ensemble Fons Partita onder leiding van Antoinette Lohmann van Amsterdam, in ´n konsert by Deelfontein te hoor. Antoinette, een van die voorste barokvioliste in die wêreld en leier van die afdeling Vroeë Musiek aan die Konservatorium van Utrecht in Nederland, bied tans ´n kursus in historiese uitvoeringspraktyk by die Koepel Kunstesentrum op Deelfontein aan. By die afsluitingskonsert Sondag word Franse dansmusiek uit die Baroktydperk uitgevoer, met werke van komponiste soos Lully en Couperin op die program.
Bring gerus eetgoed en wyn saam. Toegang is gratis, donasies is welkom. Padaanwysings is op www.deelfontein.co.za beskikbaar.
Meld asseblief aan by Gerhard Benade by 083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za

Related Articles

Back to top button