News

Lentekonsert met Franse dansmusiek uit die Baroktydperk

Ongelooflike musiekbelewenis wat jy nie kan mis nie

Komende Sondagmiddag, 4 September om 16:00 is die ensemble Fons Partita onder leiding van Antoinette Lohmann van Amsterdam, in ´n konsert by Deelfontein te hoor. Antoinette, een van die voorste barokvioliste in die wêreld en leier van die afdeling Vroeë Musiek aan die Konservatorium van Utrecht in Nederland, bied tans ´n kursus in historiese uitvoeringspraktyk by die Koepel Kunstesentrum op Deelfontein aan. By die afsluitingskonsert Sondag word Franse dansmusiek uit die Baroktydperk uitgevoer, met werke van komponiste soos Lully en Couperin op die program.
Bring gerus eetgoed en wyn saam. Toegang is gratis, donasies is welkom. Padaanwysings is op www.deelfontein.co.za beskikbaar.
Meld asseblief aan by Gerhard Benade by 083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button