News

Die kerk se dak is op

Vir meer as twee jaar bou lidmate van die Christen-gemeente in Schonkenville al self – steen vir steen aan hul droom om ‘n eie kerkgebou te kan hê. En nou danksy mense se oop harte en hande vir dié gemeente, is die steen- en dakwerk uiteindelik klaar en sal daar dalk nog voor Desember in …

Vir meer as twee jaar bou lidmate van die Christen-gemeente in Schonkenville al self – steen vir steen aan hul droom om ‘n eie kerkgebou te kan hê. En nou danksy mense se oop harte en hande vir dié gemeente, is die steen- en dakwerk uiteindelik klaar en sal daar dalk nog voor Desember in die nuwe kerkgebou eredienste gehou kan word.

Só het ‘n baie dankbare Herman Johnson, hoofleier van die Christen-gemeente in Schonkenville vandag gesê. Daar moet nou nog vensterbanke gebou en vloer gegooi word.

Nadat Gazette einde Julie berig het oor die kerkgebou wat toe nog net 25 dakbalke gekort het om die kerk se dak te kon opsit, het mense eenvoudig net gehelp. ‘n Groot skenking het bygedra vir die pleistersand, sement en hout, en vertel Herman hoe die “Here net vir hulle deure oopgemaak het met wat hulle nodig gehad het.”

Voorheen is kerk gehou in ‘n sinkstruktuur maar dit het net té klein en té warm in die somermaande geword  om dienste hier te kon hou. Die gemeente is in die laat tagtigerjare gestig en het tans 50 lidmate. Aanvanklik is in ‘n huis kerk gehou, en later is die gemeenskapsaal in Schonkenville vir eredienste gehuur.

Toe die gemeente die grond gekry het, is die sinkstruktuur opgerig waar tot nou toe kerk gehou is.

Ten spyte daarvan dat hul net kon bou soos wat daar geld was vir boumateriaal, of skenkings ontvang is, het groot en klein nooit ophou glo in hul droom nie. En vandag staan ‘n kerkgebou gebou met voorsiening en genade.

Die foto is geneem toe daar onlangs begin is om die dakkappe te maak. 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button