
Naas die R20 000 wat Kerneels Steyn Saterdag by All Things Adventures gewen het met The Great Ball Drop wat deur Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum aangebied is as fondsinsamelingsprojek, is geskenkpakke ook vandag oorhandig aan die volgende wenners:
Dorian Oelofse (Mica geskenkpak)
Carl von Maltitz (Mica geskenkpak)
Jan Botha (Legends hengel geskenkpak)
S. van der Westhuizen (bordspeletjie)


Baie dankie aan Mica en Legends Manufacturing vir die fantastiese borgskappe vir pryse, en aan Quality Steel vir die gebruik van die hyskraan waarmee die sak balle Saterdag uit die lug laat val is om te bepaal watter wenbal naaste aan die vlag sou wees vir die groot R20 000 prys.


Die wenbal.



