News

Hier was goeie raad en wenke vir tuiniers

Daar is baie geleer die dag, praktiese voorbeelde gegee om te onthou, en kon elke tuinier ‘n hele paar wenke en geskenke huis toe neem om met nuwe ywer te gaan tuinmaak.

Bloeisels en nuwe uitloopsels roep die koms van die lente in ons tuine ná die winterkoue se amberkleurspel van herfsblare wat hul tapyte rojaal op grasperke en sypaadjies gegooi het. ‘n Tyd waarvoor tuiniers opgewonde gewag het om weer die grond tussen hul vingers te voel.

Om skoon te maak, te snoei, te bemes, te plant saam met die ontwaking van die natuur.
Vir hierdie geesdriftige tuiniers was daar Vrydag geleentheid om vrae te vra en waardevolle wenke te kry by die kundiges met ‘n tuindboudag wat deur Hinterland aangebied is. En vrae was daar baie.

Tuinboukundige Welma Jurgens van Phalaborwa, was een van die sprekers wat raad gehad vir van hoe jy jou vrugtebome snoei, tot hoe grond gevoed moet word om weer die gras aan die groei te kry by dooie kolle.
Daar is gesels oor onkruiddoders en die samestelling van kunsmis wat prakties verduidelik is om die werking daarvan te verstaan. Ook hoe gereeld, en hoe jy dit moet toedien. Die verskil tussen chemiese en organiese voedingstowwe vir jou tuin, en waarom jy versigtig moet wees om nie jou gras té kort te sny nie.
Hoe jy weet wanneer gifstowwe nie meer gebruik kan word nie, en watter produkte die tuinier kan gebruik om sy/haar tuin en plante optimale sorg te gee.
Daar is baie geleer die dag, praktiese voorbeelde gegee om te onthou, en kon elke tuinier ‘n hele paar wenke en geskenke huis toe neem om met nuwe ywer te gaan tuinmaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button