
Dit is beslis nie net die Ngwathe munisipaliteit wat diep in die skuld is by die kragreus wat al minder geduld het met wanbetalende munisipaliteite en metro’s nie.
Eskom dreig ook om die Tshwane-metro se krag te sny weens wanbetaling.
Munisipaliteite en metro’s skuld Eskom ‘n astronomiese amper R50 miljard en die skuld word net meer.
Net 9 munisipaliteite regoor die land eerbiedig hul betalingsooreenkomste met Eskom, terwyl 5 ander die ooreenkomste deels nakom.
Gazette het verlede week berig dat die kragreus toe steeds gewag het vir Ngwathe se hersiene afbetalingsplan.
Daar is al met 31 munisipaliteite afbetalingsooreenkomste aangegaan.
Tot nou toe was dit ‘n byna onmoontlike stryd vir Eskom om munisipaliteite te kry om hul agterstallige skuld te betaal. Dreigemente om munisipaliteite en metro’s wat nie betaal nie se krag te sny, het telkens in die hof gaan draai om te verhinder dat betalende verbruikers gestraf word vir munisipaliteite se onvermoë om hul skuld te betaal.
En intussen trek die kragreus aan die kortste end met skuld wat bly ophoop



