NewsNews

Fratsongeluk op R59-snelweg: Kar afgeskryf deur weghol-wiel

"Ek het net my oë toegeknyp en geweet dit gaan my kar reg van voor tref.”

“Die los wiel het met ‘n verskriklike spoed oor die pad gekom en was skielik voor my. Ek het probeer uitswaai en rem trap maar het besef dis te laat. Ek het net my oë toegeknyp en geweet dit gaan my kar reg van voor tref.”

So vertel mev. Vienie Martins (54), ‘n produkspesialis by Aury Africa, oor haar skokervaring van Vrydag, 5 Augustus op die R59-snelweg by Vereeniging, toe ‘n wiel van ‘n trok se sleepwa losgekom en haar voertuig met ‘n geweldige slag getref het.

Die los wiel het nog ‘n ent verder gespring en net ‘n paar meter van waar mense besig was om ‘n pap band langs die pad te ruil, tot stilstand gekom.

Lees die volledige berig op die webwerf van die Herald se susterkoerant Vaalweekblad hier:

Fratsongeluk op R59-snelweg: Kar afgeskryf deur weghol-wiel | Vaalweekblad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button