
Veertien gimnaste van Summit Parys het hul Sentraal Gauteng provinsiale kleure vir Tuimel Gimnastiek verwerf. Hulle het dan ook Saterdag Sentraal Gauteng by die provinsiale tuimelgimnastiekkompetisie in Eldoraigne, Pretoria, verteenwoordig.
Die gimnaste is Wikus Weideman, Anlé Beukes, Emile Kotze, Isabella van der Westhuizen, Lexi Cilliers, Zuané Engelbrecht, Ne-leha Weideman, Lisa Meyer, Nicola Kotze, Dané Engelbrecht, Jayden Brazao, Xante-li Smith, Emma Walsh en Marizan Engelbrecht. Hulle is almal lid van Parys Summit gimnastiekklub en word deur Annemi Beukes afgerig. Om te kon kwalifiseer vir hul Sentraal Gauteng-kleure is daar aan verskeie kwalifiserende kompetisies deur die jaar deelgeneem. Die junior gimnaste van Vlak 1-3 wat gekwalifiseer het, het halwe kleure verwerf, en die seniors volle provinsiale kleure.
Die name van die gimnaste wat ná die provinsiale kompetisie gekwalifiseer het vir deelname aan die SA-kompetisie, sou na verwagting vandeesweek aangekondig word. Parys-gimnastiekklub beoog om in September met Artistiese Gimnastiek te begin.





