News

Bekendes sing ten bate van hulle met gestremdhede

Kom luister na Matthys Roets en ander

Mathys Roets, Monique Steyn en Ruhan du Toit is maar net ʼn paar van die land se toonaangewende
sangers wat eersdaags in Pretoria ten bate van persone met gestremdhede gaan optree.
“Die afgelope twee jaar was vir almal ʼn uitdagende tydperk, maar nog meer vir persone met spesiale
behoeftes. Tog is daar te midde van al die uitdagings so baie stories van hoop en uitdagings wat
oorkom is. ʼn Duidelike voorbeeld daarvan is die kunstenaars wat by die Liefde in Gestremdheid
(LIG)- konsert gaan optree is,” sê Suzette Oosthuizen, die hoof van Solidariteit Helpende Hand se
sentrums en nasionale takke wat die konsert aanbied.
“Die doel van die LIG-konsert is nie net om saam te kuier en ʼn gesinsaand in die buitelug te geniet
nie, maar ook om opnuut bewusmaking te skep van persone met spesiale behoeftes. Ons wil hulle
help om hul stemme te laat hoor. Ons wil ook fondse insamel vir die LIG-studiefonds sodat ons
persone met gestremdhede die geleentheid kan gee om te studeer. So wil ons ʼn volhoubare verskil
maak in hul lewens.”
Vernon Barnard, Drihan du Plessis (beter bekend as Prop wat met die treffer “Kwaatjie” spog) en
Rochelle Veenemans, die blinde kleindogter van die bekende operasopraan Barbara Veenemans,
gaan ook by die geleentheid optree. Die seremoniemeester is die akteur Eric Holm wat in 2007 ʼn
kwadrupleeg geword het toe hy in ʼn dam geduik en sy nek gebreek het.

Die LIG-konsert vind op Saterdag 3 September plaas op die Sol-Tech-kampus in Monumentpark,
Pretoria. Die hekke open om 16:00 en die vertoning begin om 17:00. Kaartjies kos R210 vir
volwassenes en R90 vir kinders.
Besoek www.ligkonsert.co.za om meer te lees oor die konsert of om jou kaartjies te koop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button