News

Uitsonderlike musiekuitvoering op Deelfontein gehoor

Toegang is gratis.

Antoinette Lohmann, een van die voorste barokvioliste in die wêreld en leier van die afdeling Vroeë Musiek aan die Konservatorium van Utrecht in Nederland, lei tussen 26 Augustus en 4 September ´n musiekprojek vir strykers by die Koepel Kunstesentrum op Deelfontein in die Vredefort Koepel. By die afsluitingskonsert Sondag, 4 September om 16:00, word ‘n program van Franse dansmusiek uit die baroktydperk van onder meer Lully en Couperin uitgevoer deur ‘n strykorkes met Antoinette as konsertmeester. Toegang is gratis, donasies is welkom.
Padaanwysings is op www.deelfontein.co.za beskikbaar. Meld asseblief aan by Gerhard Benade by 083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button