
Antoinette Lohmann, een van die voorste barokvioliste in die wêreld en leier van die afdeling Vroeë Musiek aan die Konservatorium van Utrecht in Nederland, lei tussen 26 Augustus en 4 September ´n musiekprojek vir strykers by die Koepel Kunstesentrum op Deelfontein in die Vredefort Koepel. By die afsluitingskonsert Sondag, 4 September om 16:00, word ‘n program van Franse dansmusiek uit die baroktydperk van onder meer Lully en Couperin uitgevoer deur ‘n strykorkes met Antoinette as konsertmeester. Toegang is gratis, donasies is welkom.
Padaanwysings is op www.deelfontein.co.za beskikbaar. Meld asseblief aan by Gerhard Benade by 083 280 9784 of [email protected]



