LetterOpinions

Goeie Nuus koerant herdenk 17 jaar

Die Lofprysingsdiens op Vrydagaand 8 Mei ter viering van Goeie Nuus se 17de verjaardag, was ‘n geleentheid om te onthou.

Die Lofprysingsdiens op Vrydagaand 8 Mei ter viering van Goeie Nuus se 17de verjaardag, was ‘n geleentheid om te onthou.

Die optrede van sangers, lofdansers en ander musikante en kunstenaars van formaat was vir die gehoor ‘n sielsverrykende ervaring. Pastoor Tom Bekker het die verrigtinge met gebed geopen, waarna dr. Japie Venter vertel het van sewentien jaar van genade. Hulle het begin om 10 000 koerant in Potchefstroom af te lewer en hulle staan tans op 40 000 koerante in 12 dorpe. Dit beloop ‘n fenomenale 7 miljoen koerante oor sewentien jaar! Sewe miljoen koerante wat die goeie nuus van Jesus Christus verkondig.

Die gehoor het by tye hartlik meegedoen aan die samesang, wat gelei is deur talentvolle, passievolle voorsangers en musikante. Kunstenaars wat aan die program deelgeneem het, was die Cantabile Dameskoor, Ansie Haarhoff se Lofdansers, Madelein Bodemer, Lorraine de Kock, Joey Granger, Wilma Kooij en Mada Vosloo.

Die organiseerders wil graag aan almal wat ‘n bydrae gelewer het om van die aand ‘n sukses te maak, baie dankie sê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button