Huldeblyke stroom in na Vyfhoek-tragedie
Die gemeenskap van Potchefstroom is in rou na die tragiese vragmotorongeluk wat gistermiddag (Donderdag, 18 Augustus) die lewens van vyf skoolkinders van Vyfhoek Laerskool geneem het.
Die vyf kinders is oorlede na ‘n vragmotor omstreeks 14:00 Donderdagmiddag deur Vyfhoek Laerskool se skoolheining is.
Die vragmotor was op pad in die Johannesburg-rigting toe ‘n wiel na bewering gebars het en hy beheer verloor het. Die vragmotor het glo oor die middelman in die pad beweeg en deur die skoolheining gery voordat die vragmotor in die skool se parkeerterrein tot stilstand gekom het. Die skool wat langs die N12 is, het toe pas uitgekom.
Volgens ER24 woorvoerder, Russel Meiring het vier ander kinders ook ernstige beserings opgedoen in die ongeluk.
Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie.
Die kinders wat in die ongeluk oorlede is, is glo tussen die ouderdom van 7 en 11 jaar oud.
Die LUR vir onderwys in die Noordwes-provinsie, Mmaphefo Matsemela, is verpletter oor die voorval en doen ‘n beroep op samewerking in hierdie moeilike tyd.
“Om vyf leerders op hierdie manier te verloor is nie maklik om te aanvaar nie – as ‘n ouer en as ‘n opsigter vir hierdie leerders.”
“Ons het nie woorde nie en ons pleit by die publiek om die saak met sensitiwiteit te hanteer, aangesien ouers steeds probeer om hierdie skielike verlies te verwerk.
“Ek wil ‘n woord van vertroosting aan die bedroefde families stuur en vir diegene wie se leerders gehospitaliseer is”, het Matsemela uitgespreek.
Lees die volledig berig in die Potchefstroom Herald by die skakel hieronder:
https://potchefstroomherald.co.za/112054/huldeblyke-stroom-in-na-vyfhoek-tragedie/



