News

Vyf kinders sterf in tragiese ongeluk by skool

Vyf kinders is vanmiddag (Donderdag 18 Augustus) oorlede nadat ‘n vragmotor deur die heining is van die Laerskool Vyfhoek langs die N12. Volgens Russel Meiring, woordvoerder van die ER24 nooddiens, is nog vier kinders ernstig beseer. Die ongeluk was omstreeks 14:00. Die vermoede is dat die vragmotorbestuurder beheer oor die voertuig verloor het toe ‘n …

Vyf kinders is vanmiddag (Donderdag 18 Augustus) oorlede nadat ‘n vragmotor deur die heining is van die Laerskool Vyfhoek langs die N12. Volgens Russel Meiring, woordvoerder van die ER24 nooddiens, is nog vier kinders ernstig beseer. Die ongeluk was omstreeks 14:00.

Die vermoede is dat die vragmotorbestuurder beheer oor die voertuig verloor het toe ‘n band waarskynlik gebars het.

Die vragmotorbestuur is nie beseer nie.

Ons diepe medelye met die families van die oorledenes.

Foto: Met erkenning aan Wouter Pienaar, Potchefstroom Herald

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button