News

Wil jy die Vaal se water kom aandurf?

Kom geniet die Vaal se water

As jy nog altyd geleentheid gesoek het vir ‘n bietjie avontuur op die Vaal se water, is hierdie jou kans wat jy nie kan mis nie.

Op Saterdag 27 Augustus bied Tapimanzi Adventures ‘n halfuurlange onvergeetlike kajak ervaring op die Vaalrivier aan, en kan jy enige tyd tussen 09:00 en 16:00 van die geleentheid gebruik maak tydens die All Things Adventure buitelug- en avontuurskou by Stonehenge buite Parys.

Daar is opgeleide gidse en kan jy net uitkyk vir die kajaks teen die rivier. Jy kan vooraf bespreek of sommer net op die ingewing van die oomblik die pret gaan probeer in die Vaal se water voor Stonehenge. Die ervaring kos R100 per persoon.

Vir diegene wat ‘n langer avontuurervaring wil hê is daar ‘n ”rafting trip” teen R250 per persoon waar jy tussen Rocky Ridge en Sunwa roei. Hiervoor is dit raadsaam om vooraf te bespreek.

Skakel Pieter by 082 577 0382 as jy meer inligting wil hê of vooraf wil bespreek. 

Dit beloof om ‘n prag sonskyndag te wees en die ideale geleentheid om dié avontuur te beleef. Wie weet dalk byt dié gogga van witwaterroei jou.

All Things Adventure

All Things Adventure by Stonehenge net buite Parys bied vanjaar alles en meer vir die buitelewe entoesias. Daar is 73 uitstallers op die terrein met enigiets wat jou hart kan begeer van kamptoerusting tot al wat motorhandelaar is wat hul nuutste rytuie kom wys. Kom smul aan van pannekoeke tot Meksikaanse disse, en snuffel rond tussen vele stalletjies. Moet ook nie die wyn en kunsuitstalling in die hoofgebou misloop nie. Ses kunstenaars se werke kan gesien word.

En dan is daar die kunstenaars wat deur die loop van die dag gehoor kan word – Elzé, Mia, Victor Bravo, Ricky Faber en Chris Else.

Vir net R80 toegang vir ‘n hele dag se vermaak en pret is dit die moeite werd om ‘n draai te maak op Saterdag 27 Augustus. Toegang vir kinders 6-12 jaar is slegs R40 en kinders onder 6 jaar het gratis toegang.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button