News

Voormalige aanklaer self in die hof vir korrupsie en diefstal

Ngcana is op 14 Februarie 2021 inhegtenis geneem. 

‘n Voormalige staatsaanklaer wat ‘n verdagte omgekoop het om geld aan hom te betaal in ruil daarvoor dat ‘n klag teen hom teruggetrek word, is Dinsdag 16 Augustus uiteindelik in die Phuthaditjhaba landdroshof ‘n stewige boete van R60 000 opgelê vir ‘n klag van korrupsie, of vyf jaar gevangenisstraf, en ‘n verdere R60 000 op ‘n klag van diefstal, of drie jaar gevangenisstraf.

Beide die vonnisse is in geheel opgeskort vir vyf jaar op voorwaarde dat hy nie weer skuldige bevind word aan soortgelyke oortredings gedurende die tydperk van sy skorsing nie. Hy is  ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te mag besit.

Die 51-jarige Nkululeko Theophilus Ngcana het in September 2017  ‘n verdagte wat ‘n motor met ‘n vervalste lisensieskyf bestuur het, oorreed  om hom R600 te betaal in ruil daarvoor dat die klag teen hom teruggetrek word.

Die verdagte het ingestem en die geld aan Ngcana betaal, maar moes toe later uitvind dat die klagte nie teruggetrek is soos ooreengekom is nie. Hy het toe die aangeleentheid onder die senior aanklaer se aandag gebring.

In Januarie 2020 het ‘n polisiebeampte wat aangekla is vir roekelose en nalatige bestuur, Ngcana R500 gegee om namens hom in te betaal by die hof as skulderkenning. Toe die polisiebeampte kort daarna ‘n dagvaardiging kry om in die hof te verskyn omdat hy versuim het om die skulderkenningsboete te betaal, moes hy uitvind dat Ngcana nooit die bedrag inbetaal het nie. Die klag is ook by die senior aanklaer gerapporteer, en is die saak aan die Valke oorhandig vir ondersoek.

Ngcana is op 14 Februarie 2021 inhegtenis geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button