

Drie vroue van Parys het vandeesweek ’n voorreg gehad wat min ander het – om op Vrouedag vyf geslagte saam te kon wees.
Boonop kon hulle ook sommer die verjaarsdae van die oudste en jongste vier wat beide in Augustus verjaar.
Die vroue is groot groot ouma Stella Willemse wat op 5 Augustus 1931 gebore is en so knap voor Vrouedag haar 91ste verjaarsdag gevier het, grootouma Sophia Oliver, ouma Estelle Rossouw, ma Elzaan van Wyk en Luzé van Wyk wat op 14 Augustus 3 jaar oud sal wees.
Beide grootoumas bly in Randfontein.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



