News

Eendeweer hou makietie-gangers nie weg by Hartshuis-kuier nie

Die Vredefort Hartshuis het op 30 Julie weer makietie gehou, en selfs nie die reën het mense van dié lekker kuier weggehou nie. Nog voor 10:00 die oggend was die Hartshuis-perseel die ene woeligheid met allerhande bedrywighede, kosgeure wat swaar in die lug gehang het en kunsstalletjies, Country musiek en kinders wat baljaar. Baie besoekers …

Die Vredefort Hartshuis het op 30 Julie weer makietie gehou, en selfs nie die reën het mense van dié lekker kuier weggehou nie.
Nog voor 10:00 die oggend was die Hartshuis-perseel die ene woeligheid met allerhande bedrywighede, kosgeure wat swaar in die lug gehang het en kunsstalletjies, Country musiek en kinders wat baljaar.

Baie besoekers van Parys en die Hartshuis se bure in Vredefort het deur die loop van die dag kom inloer om kos te koop en die verwikkelinge hier by die Hartshuis gade te slaan – die nuwe kombuis, die JoJo watertenks wat aan die Hartshuis geskenk is, en die ses nuwe Nano huisies (dwerghutte), geborg deur Dankie Lotto Land.
Die Makietie by die Vredefort Hartshuis was ‘n groot sukses en danksy die eendeweer, het kos soos soetkoek verkoop.
Die kinders was net so bedrywig en het nie ‘n oog geknip vir die reëndruppels nie, en gedans dat die stof staan. Volgende keer sal gekyk word na selfs meer aktiwiteite vir die kinders, belowe die Hartshuis.
Dankie aan die gaskunstenaars, Charles Shaw, Charles Rudd, en Karen Dixon (‘n inwoner). Die fees en optrede van die kunstenaars (wat gratis opgetree het), was ten bate van die 35 sorgafhanklike inwoners van die Hartshuis wat met ‘n Sassa-pensioen moet oorleef. Die Hartshuis is in De Wetstraat 19, Vredefort.
Danksy elkeen wat die fees bygewoon het en ‘n blikkie nie-bederfbare voedsel as ingangsfooi gebring het, is die Hartshuis se spens weer vol. Die volgende makietie is op 3 September en die Country-sangers sal dan weer gehoor kan word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button