News

Man op N1 gearresteer vir ongelisensieerde vuurwapen

‘n 40-jarige man is Vrydag, 5 Augustus by die Vaal Plaza op die N1 vir die besit van ‘n ongelisenieerde vuurwapen en ammunisie in hegtenis geneem.

Sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder vir die Fezile Dabi-distrik, sê lede van die K9-eenheid in Sasolburg het Vrydag ‘n voertuignagaanpunt op die N1 beman toe ‘n verdagte voertuig opgemerk is wat in die rigting van Gauteng onderweg was.
Die voertuig is deursoek en daar is beslag gelê op ‘n 9mm pistool en ammunisie.
Die 40-jarige verdagte is in hegtenis geneem.
Hy het Maandag, 8 Augustus in die landdroshof in Parys verskyn, het sers. Rani gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button