Schools

Noordvaal semi-finaal hier kom Parys!

Dit is nie net oor die Bokke se oorwinning wat daar vanaand fees gevier word nie. Hoërskool Parys kon vandag ook’n groot oorwinning  op die rugbyveld vier – en nou wag die semi-finaal vir dié spanne. Beide die skool se o.14 en 0.15 rugbyspanne het vandag, Saterdag 6 Augustus, deurgedring  na die Noordvaal semi-finale uitdun., …

Dit is nie net oor die Bokke se oorwinning wat daar vanaand fees gevier word nie. Hoërskool Parys kon vandag ook’n groot oorwinning  op die rugbyveld vier – en nou wag die semi-finaal vir dié spanne.

Beide die skool se o.14 en 0.15 rugbyspanne het vandag, Saterdag 6 Augustus, deurgedring  na die Noordvaal semi-finale uitdun., na die o.14-span se oorwinning oor Northern Academy in Polokwane met ‘n telling van 36-7, en die o.15’s se wen, ook in Polokwane, met ‘n tellling van 38-12.

Hoërskool Parys se o.15-span ná hul triomf in Pietersburg. Foto’s Verskaf

Die o.14-span sal komende Saterdag 13 Augustus teen Allen Glen in Roodepoort speel, en die o.15’s teen Hoërskool Patriot van Witbank op Parys se tuisveld.

Die o.14’s in aksie op die veld vandag in Pietersburg. 

Hoërskool Parys se o.14-wenspan. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button