News

Die manne groei baard in solidariteit met gemeenteleraar

Dries de Jager, gemeentebestuurder, was loshande voor met sy welige baard. Attie du Plooy, leierouderling, het ‘n tweede plek verdien met die netjieste baard.

Toe ds. Barry van Wyk, leraar van die NG Wes-gemeente een Sondagoggend sowat twee maande gelede op die kansel met weekoue baardstoppels klim en ‘n gholfhemp onder sy baadjie, het die gemeentelede onrustig begin rondskuif en gewonder of hulle dominee dan verslaap het, en nie tyd gehad het om te skeer nie.
Maar dit was nie die geval het. Ds. Barry het ‘n onverwagte en pynlike aanval van gordelroos in sy gesig, nek en skouer gekry en kon dus nie skeer of ‘n das aansit nie. So het die gemeentelede Sondag vir Sondag gesien hoe hul dominee se baard en snor groei, en al hoe gryser word. Die leierouderling het besluit dat dominee nie alleen met ‘n baard kan spog nie, en van die kerkraadslede en ander manne het ywerig aan hul baarde begin kweek.

Die manne wat ywerig baard gegroei het ter ondersteuning van ds. Barry van Wyk, leraar van die NG Wes-gemeente. Foto: Hansie Bekker

Saterdag, 30 Julie is die manne se baarde toe tydens die gemeente se kerkbasaar beoordeel. Drie van die vroue van die Koffie en Kuiergroep moes met toe oë aan die ry manne se baarde voel en dit so beoordeel.
Dries de Jager, gemeentebestuurder, was loshande voor met sy welige baard. Attie du Plooy, leierouderling, het ‘n tweede plek verdien met die netjieste baard.

Die twee manne se baarde het die beoordelaars beïndruk. Op die foto is Attie du Plooy (leierouderling) en Dries de Jager (gemeentebestuurder). Foto: Hansie Bekker
Ds. Barry van Wyk met sy spierwit baard.

Related Articles

Back to top button