News

Solidariteit help met skenking vir bejaardes

Taklede dien as Helpende Hand se hande en voete in die gemeenskap

Die plaaslike tak van Solidariteit Helpende Hand het verlede week uitgereik na bejaardes met ‘n skenking van doeke wat aan Sally Martin Park oorhandig is.
Meer oor Solidariteit Helpende Hand:
Solidariteit Helpende Hand is ‘n selfstandige organisasie binne die groter Solidariteit-groep wat daarna streef om sterk, selfstandige gemeenskappe te bou.
Hulle bied verskeie nasionale projekte aan wat gemik is op kleuters, skoliere, gesinne, bejaardes en gestremdes. Dit word aangevul met projekte deur vrywilliger-takke.
Taklede dien as Helpende Hand se hande en voete in die gemeenskap. Behoeftes in die gemeenskap word só geïdentifiseer, en dan deur die tak aangespreek waar moontlik.
Al wat jy hoef te doen om die werk van Solidariteit Helpende Hand moontlik te maak om op soveel maniere ‘n verskil in die gemeenskap te maak, is om so min as R50 per maand by te dra. As jy meer oor die organisasie wil weet en hoe jy betrokke kan raak, skakel Matty Last by 072 267 9758.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button