News

R504 se gate reggemaak nadat pleidooie tot owerhede om te help op dowe ore val

Slaggate herstel

 

Die R504 is ’n pad wat swaar verkeer dra, veral in oestyd, en die owerhede het nie gereageer op versoeke om die slaggate te herstel nie. Dit het Martin Jordaan, ’n plaaslike boer, genoop om AfriForum te kontak en fondse by die boere in te samel vir die herstel van die pad.

Daar is ook met Venmini, ’n kontrakteur van Potchefstroom wat baie slaggatherstelwerk vir AfriForum doen, gereёl dat hulle die herstelwerk sal doen.

Op 21 Julie is daar weggespring met die herstelwerk en  is daar vier dae aan die stuk pad gewerk. Die boeregemeenskap het fluks bygedra en altesaam 96 m² se slaggate is met 10 ton teer herstel. Slaggate is vanaf die vierrigtingstopstraat by Bothaville in die rigting van Leeudoringstad tot by Brug 14 herstel.

Boere wat nog wil bydra kan gerus met Jordaan skakel. Die AfriForum-tak in Bothaville maak ook ’n bydrae tot hierdie poging.

“Alhoewel hierdie #OnsDorp-projek nie in die dorp self gedoen is nie, baat elke inwoner wat ooit van hierdie pad gebruik maak by die poging. Ek is dankbaar dat die gemeenskap tot die besef gekom het dat selfdoen beter is as niksdoen. Die bydrae wat elke boer gemaak het, is gering in vergelyking met ’n band wat beskadig word weens ’n slaggat. Baie dankie aan elke lid van die gemeenskap wat die span bederf het met kos en drinkgoed. Saam is ons sterker,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button