News

Vyf gesteelde skape in motor gekry

Die twee verdagtes moes Maandag, 1 Augustus op ‘n klag van veediefstal in die landdroshof in Heilbron verskyn.

Twee vermeende skaapdiewe het hulle verlede week tydens ‘n blou-en-wit lig operasie in die lang arm van die gereg vasgeloop.
Lede van Heilbron Vispol was besig met patrollie toe hulle die inligting gekry het van moontlike veediefstal.
Volgens sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder in die Fezile Dabi-distrik, het die lede die verdagte voertuig langs die pad gekry met die twee verdagte insittendes en vyf skape in die motor gebondel. Drie van die skape was in die bagasieruim ingedruk, met nog twee skape op die voertuig se agterste sitplekke. Daar is beslag gelê op al vyf die skape met ‘n gesamentlike waarde van R25 000.
Polisielede het daarna ook die karkas van ‘n vermoedelik gesteelde skaap in ‘n vrieskas by een van die verdagtes se huis gekry.
Die twee verdagtes moes Maandag, 1 Augustus op ‘n klag van veediefstal in die landdroshof in Heilbron verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button