News

Kom help om ons dorp weer skoon en reg te maak

Elke gewillige hand is nodig om van die projek 'n sukses te kan maak

Almal is welkom – oupas, oumas pa’s, ma’s en kinders. Kom doen jou deel om Parys weer reg te ruk.
Bring sommer ‘n piekniekmandjie, ‘n plantjie, handskoene en swartsakke en sluit aan by die Ngwathe Warriors vir hul dorp skoonmaak en verfraaiingsaksie op Vrouedag, Dinsdag 9 Augustus.
Daar sal om 09:00 by die Container Park in Breëstraat begin word, en hul eindig by Saligna Park op die h/v Grens- en Cilliersstraat om 13:00.
As jy navrae het oor die aksie skakel Braam by 072 779 4079, of Paul by 084 209 6237. Bring jou glimlag en kom help om ‘n verskil te maak in jou dorp.
Die Ngwathe Warriors beplan ook om die ingange van die dorp en die begraafplaas later skoon maak. Meer inligting hieroor sal gepubliseer word wanneer die aksies geloods word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button